Incorrect Browser/Settings
This site has been designed for optimal use, under the following circumstances:
  • Mozilla Firefox 1.0+ or Internet Explorer 7+
  • JavaScript Enabled
  • Cookies Enabled
  • A screen width of at least 900px
It has been detected that one or more of the above is incorrect. It is recommended that you comply to the above before continuing to browse this site.

The latest browsers can be downloaded at:
Invalid Form Data
The following error(s) occured while processing the form for submission:
Close
Close
Fondsmeter


Die huidige bedrag in die fonds is:
R 60000.00


Gemeenskapsbetrokkenheid

Die Besigheidsgilde tree op as ´n dienspunt vir Solidariteit se Helpende Hand Fonds. Dit beteken dat jy lewensmiddele (soos voedsel, klere, meubels ens.) via ons na Die HHF kan kanaliseer.
Kontak ons vir meer inligting

Pool Solutions
Resurface Your Swimming Pool Into A Sparkling Sho...meer

Meijerink Finansiele Dienste/Financial Services
Bookkeeping Financial Statements Financial - and...meer

ECI Payroll & Recruitment
Payroll Management For all types of businesses,...meer


Verkoopspersoon (Juwele)
Hou jy van juwele? Soek jy 'n voltydse of deeltydse loopbaan? Is jy 'n jong mo...meer

Junior Elektroniese Ingenieur
Ons soek na 'n onlangsgekwalifiseerde elektroniese ingenieur/tegnikus (B.Tech / ...meer

Sales People
Sales and marketing...meer


Dr Cival Mills Boeke
R165.00 elk
This Too Will Pass en Truth About Wheels beskikbaar by die Gilde. Skakel 012-...meer

Zentium Opvoedkundige Sagteware
Ontvang korting op verskeie programme:
Programme waarop u korting ontvang: * Eduss English Phonix (26%) * Academix Le...meer


0 items

Osteogenesis Imperfecta:



Definisie

Osteogenesis imperfecta (OI) is ‘n genetiese siekte wat gekenmerk word deur bene wat maklik breek. Daar bestaan verskeie variasies van die siekte. Sommige mense het net ‘n paar frakture in hulle leeftyd, terwyl ander etlike honderde frakture ondervind. Sommige tipes OI is so erg dat babas kort na geboorte sterf vanweë komplikasies van die siekte.

OI veroorsaak ook

  • Swak spiere
  • Bros tande
  • Ruggraatverkromming
  • Gehoorverlies
  • Ensovoorts

Ander benamings vir OI

  • Brosbeensiekte
  • Glassbene
  • Brittle Bone Disease

 

Oorsaak van OI

OI word veroorsaak deur ‘n foutiewe geen wat die wyse waarop jou liggaam kollageen vorm, affekteer. Kollageen is die primere protein van die liggaam se bindweefsel en word benodig om ‘n sterk beenstruktuur te vorm.

Persone met klassieke OI het òf

  • Kleiner hoeveelhede Tipe I-kollageen as wat die liggaam benodig, òf
  • Die kwaliteit van Tipe 1-kollageen is swakker as die normale.

Die gevolg hiervan is dat die beenstruktuur besonder broos is en dat individue wat hieraan ly, maklik frakture optel (soms vir geen ooglopende rede nie)!

Hierdie foutiewe geen kan deur ‘n ouer/ ouers aan hul kinders oorgedra word. Aangesien die defektiewe geen ‘n dominante geen is, het die kinders van ‘n ouer wat OI het, ‘n 50% kans om ook die siekte te kry. Die siekte kan ook die gevolg wees van ‘n spontane mutasie van die betrokke geen – wat beteken dat ‘n kind daarmee gebore kan word, al het nie een van die ouers die siekte onder lede nie.
In resessiewe OI meng mutasies in ander gene in met die normale kollageenproduksie. In al hierdie gevalle, is die gevolg bros bene wat maklik breek.

Klassifisering van OI

‘n Klassifiseringsisteem is ontwikkel om te onderskei tussen die verskillende soorte OI.

Voorkoms van OI

Die frekwensie van OI is omtrent dieselfde tussen verskillende bevolkingsgroepe. Dis egter interessant dat die Shona en Ndebele van Zimbabwe, ‘n hoër persentasie van Tipe III OI teenoor Tipe I OI het. ‘n Soortgelyke verskynsel is gevind onder sekere bevolkingssegmente in die Nigeriese en Suid-Afrikaanse bevolking.

Kliniese kenmerke van OI

Die kenmerkende eienskappe van OI varieër baie van persoon tot persoon, tussen mense met dieselfde tipe OI en selfs mense dieselfde familie.

Tipiese kenmerke, met in agneming van die OI-klassifikasiesisteem, is die volgende:

Tipe I

Mees algemene tipe OI
Mees gematigste vorm
Bene breek maklik
Meeste frakture geskied voor adolessensie
Normale of byna normale liggaamsbou
Los gewrigte
Swak spiertonus
Sklera (die wit van die oë) het ‘n blou/pers/grys skynsel.
Gesig is driehoekvormig.
Geneigdheid tot spinale verkromming.
Minimale been deformiteit.
Moontlikheid van bros tande.
Moontlike gehoorverlies – veral voor die 20/30-jarige ouderdom.
Kollageen: struktuur is normaal, maar kwantiteit is onvoldoende.
Lewensverwagting is normaal, tensy frakture wat voorkom lewensbedreigend is.
Tipe IA: Geen Dentinogenesis Imperfecta*.
Tipe IB: Dentinogenesis Imperfecta kom wel voor.

 

Tipe II

Mees ernstigste vorm.
Pasiënt sterf dikwels tydens of kort na geboorte – dikwels vanweë asemhalingsprobleme.
Meeste pasiënte sterf teen hul eerste lewensjaar, vanweë asemhalingsprobleme en interne breinbloeding.
Verskeie frakture
Ernstige beendeformiteit
Klein liggaamsbou
Onderontwikkelde longe
Getinte sklera.
Kollageen: verkeerd gevorm of te min hoeveelhede daarvam.

 

Tipe III

 

Bene breek maklik.
Frakture dikwels teenwoordig by geboorte.
X-strale by geboorte toon dikwels tekens van frakture wat reeds tydens swangerskap plaasgevind het.
Kort liggaamsbou.
Sklera het blou/pers/grys skynsel.
Los gewrigte.
Swak spiertonus in arms en bene.
Vaatvormige (“barrel shaped”) ribbekas.
Gesig is driehoekvormig.
Spinale verkromming.
Asemhalingsprobleme is moontlik.
Ernstige beendeformiteit
Bros tande
Gehoorverlies
Kollageen: voldoende kwantiteit maar verkeerd gevorm
Tipe III word soms ook beskryf as die tipe wat met verloop van tyd meer deformiteit veroorsaak: dikwels matige simptome by geboorte, maar namate die persoon ouer word, neem deformiteit toe.
Lewensverwagting is normaal, alhoewel ernstige gestremdheid op die ou end kan voorkom.

Tipe IV

 

Graad van erns: tussen  Tipe I and Tipe III.
Bene breek maklik.
Meeste frakture gewoonlik voor puberteit.
Liggaamsbou korter as normaal.
Sklera is wit/byna wit (normaal).
Matige been deformiteit.
Vaatvormige (“barrel shaped”) ribbekas.
Neiging tot spinale verkromming.
Driehoekvormige gesig
Bros tande
Moontlike gehoorverlies
Kollageen: kwantiteit genoegsaam, maar kwaliteit nie voldoende.
Tipe IVA: Geen Dentinogenesis Imperfecta.
Tipe IVB: Dentinogenesis Imperfecta teenwoordig.

Tipe V

 

Kliniese voorkoms is soortgelyk as Tipe IV.
‘n Breë band is sigbaar op x-strale langs die groei plate van die lang bene.
Ongewone groot hoeveelheid kallusvorming waar frakture of sjirurgiese prosedures plaasgevind het.
Verkalking van die membrane tussen die radius en ulna (bene in die voorarm) wat lei tot beperkte mobiliteit/rotasie van die voorarm.
Wit sklera
Normale tande
Bene het die voorkoms van ogiesdraad (“mesh-like”) wanneer onder ‘n mikroskoop beskou.
Oorsaak van Tipe V nog onbekend, alhoewel daar al vasgestel is dat dit oorerflik is.

X-straalfoto: Tipe  V (volwassene):

X-straalfoto: Tipe  V (kind):

Tipe VI

 

Klinies soortgelyk as Tipe IV.
Effens verhoogde vlakke van ‘n ensiem (“alkaline phosphatase”) wat betrokke is by beenformasie. Laasgenoemde kan deur ‘n bloedtoets bevestig word.
Wanneer onder ‘n mikroskoop beskou, het been die voorkoms van visskubbe.
Gediagnoseer deur ‘n been-biopsie.
Navorsers is onseker oor die wyse van oorerwing.
Ongeveer 8 mense met hierdie tipe OI is al geïdentifiseer.

 

Type VII

 

‘n Resessiewe vorm van OI wat in 2005 ontdek is.
In sommige gevalle voorkoms en simptome baie dieselfde as Tipe IV OI.
In ander gevalle is die voorkoms en simptome baie dieselfde as Tipe II OI – met die uitsondering dat babas se sklera wit, die kop klein en die gesig rond is.
Kort liggaamsbou
Kort humerus (been van die arm) en kort femur (been van die bo-been).
Gevalle wat sover voorgekom het, is beperk tot Quebec.

Type VIII

 

Ook ‘n ressessiewe vorm van OI.
Kom ooreen met Tipe II of Tipe III OI (in terme van voorkoms en simptome).
Babas het wit sklera.
Ernstige beperking van groei.
Ekstreme onder-mineralisasie van die skelet.

 


*        Dentinogenesis Imperfecta is ‘n genetiese gebrek wat tandontwikkeling beïnvloed. Dit veroorsaak dat tande gekleurd (dikwels blou-grys of geel-bruin) en deursigtig voorkom. Tande is ook swakker as normaal en geneig om te verweer, te breek en uit te val.  Hierdie probleme affekteer die melktande sowel as die permanente tande.

Behandeling van OI

Daar is geen genesing vir OI. Behandeling is gemik op

  • die voorkoming of die beheer van simptome (byvoorbeeld die voorkoming van frakture)
  • maksimum onafhanklike beweeglikheid van die individu te verseker
  • die vermeerdering van beenmassa en spiersterkte
  • die behandeling van frakture
  • sjirurgiese prosedures (byvoorbeeld “rodding” of spinale fusies vir persone met skoliose ens.)
  • tandheelkundige prosedures
  • fisioterapie

Hulpmiddels soos rolstoele, stutte, krukke, looprame en dies meer word dikwels gebruik deur diegene met meer ernstige tipes OI.

Verskillende soorte medikasies word tans aanbeveel vir persone met OI, alhoewel hierdie tipe medikasies slegs simptome kan verlig. Verwys na die bronnelys hier onder indien u meer inligting benodig oor die tipes medikasies wat tans in die praktyk gebruik word.

Leefstylaanbevelings vir persone met OI:

  • Oefening is noodsaaklik om beendigtheid en spiersterkte te verhoog. Swem is ideaal, aangesien water onafhanklike beweging toelaat met weinig risiko vir frakture. Om te stap (met of sonder hulpmiddels) is ook goeie oefening. (Dis egter noodsaaklik dat persone wat OI onder lede het, eers enige oefening wat hulle beoog, met hulle mediese praktisyns sal bespreek.)
  • Handhaaf ‘n gesonde gewig.
  • Eet ‘n gebalanseerde dieët.
  • Vermy rook  en oormatige alkohol of kafeïn-inname. Vermy medikasie wat steroids bevat. (Al hierdie substansies kan beendigtheid verminder en dus die kans op frakture verhoog).

 

Prognose:

Die prognose vir persone met OI wissel baie. Die hoofoorsaak van sterftes onder persone met OI is asemhalingsprobleme, gevolg deur trauma tydens ongelukke. Ten spyte van etlike frakture, ‘n beperkte vermoë om te beweeg en hul kort liggaamsbou, voer die meeste volwassenes en kinders met OI produktiewe en suksesvolle lewens. Hulle is meestal in staat om gewone skole by te woon, vorm vriendskappe en verhoudings en neem deel aan sport en ander ontspanningsaktiwiteite. Hulle is dus normale aktiewe lede van hul gemeenskappe.

Bronne:

www.niams.nih.gov/Health_Info/bone/default.asp
www.nlm.nih.gov/medlineplus/osteogenesisimperfecta.html
www.oif.org (The Osteogenesis Imperfecta Foundation)
en.wikipedia.org/wiki/Osteogenesis_imperfekta
en.wikipedia.org/wiki/Dentinogenesis_imperfekta
oif.org/site/PageServer?pagename=BoneStruct
www.ptialaska.net


Dagmar Janse van Vuuren van Pretoria, ly aan Osteogenesis Imperfekta en erge skolios... meer

Adverteer jou besigheid nou!
Kliek hier om meer uit te vind.

Soek jy dringend hulp/ondersteuning? Kliek hier om n organisasie te vind wat jou kan bystaan. Kontak ons indien jy jou organisasie gratis hier wil lys.

The Sunflower Fund
Share a little save a life become a bone marrow donor. ...meer

African Blessings
Verskaf kos en klere vir 5 huise en bied kunsklasse aan vir die vroue. Kontak Annelie du Plessis....meer

Middele Afhanklikheid
Hulp vir verslawing aan middele soos alkohol, dwelms ens....meer

Adverteer jou sakebyeenkoms / besigheidsnetwerkfunksie gratis op ons webwerf. Kontak Ons om jou byeenkoms te lys. Kliek hier om te sien watter byeenkomste in jou omgewing plaasvind.

Zambezi Point Byeenkoms
Alle geestelike leiers noord van die berg word genooi na die maandelikse saamkuier....meer

Motiveringsspreker
Dr Cival Mills Skakel Sarie Odendaal by 083 242 7331 of epos sarieo@iburst.co.za vir besprekings. Boodsk...meer

Hitge, John
Coetzer, Amanda
meer